Inifinite memoria

Saturday, October 28, 2006

Project Runway






Ek en Potta het oor die afgelope paar maande vasgenael voor my komper gesit om elke week die nuwe episode van Project Runway te kyk. Soos elke storie 'n einde het, het hierdie storie toe ook sy einde bereik en wat 'n hoogtepunt was dit nie!





Die 4 finaliste: Jeffrey, Uli, Laura en Michael


Die reeks het hierdie keer afgeskop met 15 ontwerpers van oral oor Amerika. Daar was natuurlik die malles, bitches, queens, stilles en rockers. Dit was nou vir jou rerig 'n diverse groep. Soos met enige reality show, was daar van die begin af gesorg vir groot drama en elke week se challenge was net beter en beter. Hulle het tot met een challenge Parys toe gevlieg met hulle "jet set outfits" en daar was hulle beoordeel. Dit was rerig goeie vermaak. Op die ou einde het dit daarop neergekom dat daar 4, in plaas van 3, hul collections by New York Fashion Week gaan vertoon. Die Bryant Park experience was fantasties en dit sal enige fashion victim se droom wees om daar te kon wees. Die top 4 het hulle verseker die beste van hul taak gekwyt en verdien om daar te wees. Elkeen het hulle eie styl gehad en dit het gesorg vir nog meer opwinding. Dit was lekker om te kyk hoe hulle te werk gegaan het om bo uit te kom. Dit was fun en ons mae was seer van al die lag. Hierdie reeks is definitief een van die bestes en hoop julle almal kry dit te siene. Vir meer info, gaan na project runway website by www.bravotv.com







Twee van die finalste, Jeffrey & Laura tel twis op met die laaste episode. Laura het Jeffrey se integriteit bevraagteken deurdat sy vermoed het dat hy nie al sy outfits alleen gemaak het nie. Groot marakkas.





'n Paar van my en Potta se favourite uitrustings met die New York Fashion show by Hyde Park:

Michael se collections het afgeskop met vele wit items en naderhand het mens gewonder of die hele show gaan wit wees. Al sy outfits het perfek gepas en baie mooi vertoon, maar van hulle was bietjie hoochie. Sy spesialiteit is om kort of lang broeke te ontwerp. Altyd 'n wenner.






Hy is nog 'n baie jong ontwerper en het die popularity contest gewen. Hy is die gewildste onder die 4 van hulle en mens kon dit hoor toe hy uitstap om sy collection voor te stel. Baie cool ou.











Laura se collection was ongelooflik stylvol en mooi. Sy is 'n argitek en verwag haar 6de kind, maar sy neem die woord elegansie na 'n heel ander dimensie. Sy is 'n perfeksionis en baie van haar ontwerpe voel en lyk amper dieselfde. Elke ontwerp het gelyk asof dit duisende rande werd was en ons het haar punte gegee daarvoor.
Die outfit regs was definitief een van die top 3 van die aand. Die model was verseker ook uitstekend. Sy het heel reeks almal se koppe laat draai en sy kon werk met enige outfit.













Oor Jeffrey het almal altyd iets te se gehad. Van vroeg af was baie van die deelnemers nie so mal oor hierdie rocker nie. Ek en Potta was wel mal oor hom. Sy pa het hulle gelos toe hy 10 was. Hy was 'n dwelmverslaafde vir 5 jaar tot die punt waar hy besig was om selfmoord te pleeg en iemand wat hom gelukkig gered het. Hy is toe na 'n rehabilitasie sentrum toe en is nou al vir 5 jaar fully recovered. Hy het 'n nuwe edge en sy idees is interessant en "innovative". Die groen rok was ongelooflik verby! Dis verseker een van ons top 3! Die manier hoe alles saamgesit is met zippers en stuff is amazing!









Uli was ons favorite vir die aand gewees! Toe die eerste model met die eerste uitrusting uitstap, was alles verder ne WOW! Dit was sexy, beaula en elke vrou sou enigeen van die outfits wou koop. Sy het haar Uli trademark met haar prints behou met sommige van haar outfits, maar sy het ook heeltemal ander outfits gemaak en almal verbaas. Dit was 'n ongelooflike hoogtepunt van die aand en die skare het haar gelove! Sy is oorspronklik van Oos Duitsland en het getrek na Miami waar sy tans al vir 'n paar jaar bly. Ons is mal oor Uli omdat sy so down to earth en goeie oog vir fashion het. Al haar outfits kon deel maak van ons top 3. Dis super hot!








Maar soos met enigiets in die lewe, kon daar net een wenner gewees het. Baie geluk aan Jeffrey! Jy't heel reeks gerule an jy is fashion barbie 2006! En Heidi, jy was so elegant soos altyd. We love ya! Until next season. Ciao

0 Comments:

Post a Comment

<< Home