Die diere het baljaar!

Happy bday Tinie!
Soos almal voorspel het, wat dit toe weer 'n groot hoogtepunt op almal se kalender gewees. Samantha het haar septer geswaai en die hele diereryk van al die uithoeke van die wereld het saamgedrom om te kom loer wat aangaan. Almal het hulle so goed van hulle taak gewyt en jy moes mooi kyk wie was wie. Party het nog probeer om hulle kool te hou, maar almal se ware kolle en strepe het na voorskyn gekom.
Deidre dorper het haar goed van haar taak gekwyt as gasdame en almal in Citizen cane gelukkig en op hulle plek gehou. Sy het haar pels verkleur na 'n aarbei pienk en heeltyd vir Cleopatra kameelperd aangese om haar lippe te gaan opsit. Sy het blykbaar van die verkeerde maroela boom se blare geeet en toe so bietjie koekoes gegaan.
Sy het heel aand aan Vermouth vlakvark se six pack gevat (wat hy met plastiese snykunde verkry het let wel). Sy was later so oorweldig deur al die diere geure en testosteroon in die lug, dat sy sommer haar lang bene onder haarself uitskop. Sy mik toe nog vir 'n stoel om darem nie te onaardig te lyk nie, maar val die toe ook heeltemal mis. Sy se die oomblik het haar laat terugdink aan die val toe sy gebore was.

Paartjie van die jaar, Gertjie gemsbok en Fransie vlermuis, was bang dat hulle huwelik ook sou opeindig soos hul idole s'n, toe klou hulle maar heel aand aan mekaar soos gewoonlik. Hulle het mekaar so dopgehou en aangesien vlermuise net op gevoel gaan, was Fransie heeltyd onder die indruk dat die vibrende toestel wat kort kort onder haar vlerk byt, haar selfoon was. Heelwat later is daar toe besef dat dit nie haar foon was nie, maar dat een van die mal dodo's hom uit Gertjie se nuwe kalahari bakkie gegaps het. Afgesien van die insident, sou Barbie en Ken steeds trots gewees het op die twee. 'n Bossie vir jou Gertjie en 'n mango vir jou vlerrie!
Hulle katelknaap, Andries anakonda, was soos oudergewoonte agterna om ook darem gesig te wys by die hoofdam. Hy het heerlik met sy bos-pel, Mac bulletjie, gekonkel. Mac is nog steeds stoetbul by sy kudde en eet mielies. Hy was soos altyd baie gaaf en het 'n ronte dikmelk met skop vir almal gekoop. Andries het toe intussen verdwyn. Daar word bespiegel (en was wel gewaar) dat hy Cleopatra help herstel het na haar lang val grond toe. Sy het met haar val aan 'n bloubessie verstik en het aangehou dan Andries haar moes help om van die blou ontslae te raak.Clarissa kat het weereens fabulous in een van haar sportpakkies gelyk
en het heel aand ge"pur" as iemand haar sagte pelsie vryf. So raak dinge toe te erg met Malan meerkat. Die ding het mos die maroelas sommer heel by die huis gesluk. Glo die nuwe "in-ding" op die platteland. Hy en Cleopatra was fashionably late en moes net "please and expain" by Deidre. Gelukkig weet almal hoe lank 'n skaap se memory is, so na die eerste tequila het sy skoon vergeet van die twee se laatkommery. Die maroelas het toe vir Malan begin klits en hy vryf toe Clarissa se pelsie heeltemal te veel. Sy down toe die een spring-krokkie na die ander en vat die groot trek wildernis toe. Sy het van kleins af Lassie gekyk en wou die eerste kat wees wat ook 'n hero word. So is haar planne in die wiele gery, want halfpad deur die wildernis, kry sy 'n haarbol in haar keel en moes stop vir rekonstruksie. Toe sy haar oe oopmaak was die ander wildebeeste skoonveld. Sy het maar weer begin pur.

Die twee bytjies van lui-lekker-land was ook daar gewees en het vir Deidre bietjie heuning saamgebring. Dit was moeilik om hulle by die partytjie te kry, want hulle vlieg partykeer te hoog en verdwaal heel gereeld. Hulle albei het pragtig gelyk en het kom vertel van hulle nuwe kerels wat hulle tussen die blomme op Boracay ontmoet het. Die jongste van die 3 varkies, Didi, het ook vinnig kom inloer. Sy is besig met 'n nuwe huisie aangesien die ander twee varkies te veel discovery channel begin kyk het en na ander lande getrek het.
Laura die hanslam het ook heerlik saam met die trop baljaar. Sy was net in ekstase oor haar eerste trip oor die Serengeti wat voorle. Ou Malan en sy het net stories uitgeruil aangesien hy nou weer meneer jet set 2006 was. Sy is goed voorbereid vir die trip en se sy gaan doen elke dag navorsing. Sy stap gereeld. 

Malan en Deidre het die term "pond hopping" tot 'n hele ander vlak gevat. Blykbaar het een of ander dodo iets in die "jagter meesters" gegooi en so hoor die tweekies heel aand net geweerskote in hulle gedagtes. Die eerste simptome van die halusinasies was lekker dans. Deidre met die dorper drag en Malan met die meerkat mambo. Cleopatra beweer dit was Vermouth se maat, Karel kriek, wat die goed in hulle drankies gegooi het. Sy se hy was te kort by die damwal party en is daar weg op 'n fiets. Clarissa beweer Cleopatra se net so, want sy wou meer aan
Vermouth se pens vat. Dankie vir al die diere wat daar was. Soos altyd het julle gesorg vir die beste aksie en opwinding!
Vermouth se pens vat. Dankie vir al die diere wat daar was. Soos altyd het julle gesorg vir die beste aksie en opwinding!Lief julle
Alla

0 Comments:
Post a Comment
<< Home